Broer skuldig aan moord

Deur Garnett Wicomb
’N MAN van Groenfontein in die Calitzdorp-distrik wat sy ouer broer doodgesteek het, is in die streek­hof op Oudtshoorn skuldig bevind aan moord. Niklaas Fortuin (23) het sy broer, Harry, op 5 Mei verlede jaar by die woning van hul tante in Royal Heights, Calitzdorp, vier keer met ’n mes gesteek omdat hy glo geïrriteerd was met sy op­roerigheid. Hy het ook die oorledene se kop op ’n sementblad gekap.

Streeklanddros Ntsoki Moni het in haar uitspraak gesê dit is duidelik dat die beskuldigde se lewe nie in gevaar was toe hy sy broer met ’n mes gesteek het nie. Die saak is vir vonnisverrigtinge tot 24 April uitgestel en Fortuin se borgtog van R300 is na sy skuldigbevinding ingetrek.