R406 vanaf Prins Albert word herseël

DIE Departement van Vervoer en Openbare Werke het met ’n R73 miljoen-projek begin om die 47 km tussen Prins Albert en Prins Albert­weg (R407) te herseël.

Werk aan die pad sal na verwag­ting middel 2018 voltooi wees.

Motoriste kan ’n 15 minute-wagtydperk by stop/ry-beheerpunte verwag.