Hierdie rare wortels kom uit die tuin van Jerry Olivier van Palm Village op Oudtshoorn. Wonder wat veroorsaak die swart wortel tussen die ander?
Ons as trotse SWD rugby-ouers wil net dankie sê aan Amy Sylvester, Louis Booysen en Brian Lukas vir hul omgee en fondse vir die rugbytoernooi te Bloemfontein en Riversdal. Julle maak ons trots. Mamma van ons trotse dorp Oudtshoorn. We salute you all.
*****
Dit is hartseer om te sien hoe kinders vergesel deur ’n volwasse persoon op ’n Sondagmiddag die grafte plunder van blomme en klippies.
*****
Was Maandag in ’n winkel in Oudtshoorn. Toe ek gaan betaal, staan die jong kassiere haar naellak en afkrap met ’n skêr! Die base was skaars vyf meter van haar af, maar niemand doen iets nie! Wat gaan gedoen word? Ladismith (Bring asb u klag onder die aandag van die bestuurder van die winkel sodat dit aangespreek kan word. – Redakteur)
*****
Lyk my huurders se posbusse by die poskantoor word oopgebreek en pos verwyder. Hoe gebeur dit? Wat word van ons posstukke? (Bring asb die voorval onder die aandag van die poskantoor sodat dit aangespreek kan word. – Redakteur)