DIE wenners van die Kanna-toekennings vir 2017 word op Maandag, 15 Mei, by ’n spesiale geleentheid in Kaapstad aangekondig.
Die Kannas word jaarliks toegeken aan die topproduksie in elke afdeling by die KKNK.
Volledige lys van die benoemdes is:
Beste teateraanbieding: Asem, Buite Land, Dop, Karoo Moose en Liewer
Beste akteur: Gideon Lombard (Die reuk van appels), Dawid Minnaar (Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran), André Odendaal (Dop) en Wessel Pretorius (Die ontelbare 48 én Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie).
Beste aktrise: Antoinette Kellermann (Asem), Chuma Sopotela (Karoo Moose), Anna-Mart van der Merwe (Liewer) en Tarryn Wyngaard (Liewer).
Beste manlike byspeler: Dawid Minnaar (Die koninkryk van die diere), Kopano Maroga (Buite Land), Edwin van der Walt (Asem), Wilhelm van der Walt (Dop) en David Viviers (Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie).
Beste vroulike byspeler: Elize Cawood (Buite Land), Joanie Combrink (Die koninkryk van die diere), Nicole Holm (Piekniek by Mpande, née Dingaan), Sandra Prinsloo (Pa maak vir my ’n vlieër pa) en Tinarie van Wyk Loots (Asem).
Beste musiekproduksie: Grethe van der Merwe: Allegorie, Loki Rothman en Albert Frost: Die akoestiese kitaar, Rymklets van Oos tot Wes en Zolani Mahola: Rok en rol.
Beste regie: Marthinus Basson (Asem én Die koninkryk van die diere), Jaco Bouwer (Liewer), Lara Foot (Karoo Moose) en Sylvaine Strike (Dop).
Beste debuutwerk: Asem, Buite Land, Die koninkryk van die diere, Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie en Liewer.
Beste opkomende kunstenaar: Igna Botha (Sandra se laaste show: teks en spel), Jason Jacobs (Kalahari Swaan: regie, teks en ontwerp), Des-Lee McKenzie (Ir (ras)sioneel: teks en spel), Buhle Ngaba (The Swan Song: teks en spel) en Tarryn Wyngaard (Liewer: spel).
Beste visuele kuns: Broeigrond: Fertile Ground for Golden Regrets (Ronél de Jager), Filmverse 2 (artistieke regisseur, Diek Grobler) en The Dirty Penny Paradigm (kurator, Lucia Boer).
Beste nuutgeskrewe teks: Neil Coppen (Buite Land), Tertius Kapp (Liewer), Wessel Pretorius (Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie) en Retief Scholtz (Dop).
Beste Uitkampteater-aanbieding: Ir(ras)ioneel, Sandra se laaste show en The Swan Song.
Beste kinderteater-aanbieding: Cindershoeler, In die woud en Kattekwaad.