• Vasgetrek buite Prins Albert
DIE saak teen twee broers van Lesotho wat buite Prins Albert met dagga ter waarde van R239 000 in hul besit vasgetrek is, is Dinsdag in die Oudtshoorn Streekhof vir verhoor tot later vanjaar uitgestel Lehloka en Rapulumo Makonyana word van
handeldryf in en die onwettige besit of gebruik van dwelms aangekla.
Die polisie het beslag gelê op 119,75 kg dagga wat in die kattebak van die twee se voertuig versteek was.
Streeklanddros Retha Pretorius het die saak vir verhoor tot 21 Augustus uitgestel en aangedui dat reëlings getref moet word vir ’n Sotho-tolk.
Die twee broer se borgtog is tot 21 Augustus verleng.