Polisie dringend op soek na kind wat kan help met aanrandingsaak

’N MEISIE wat ’n sleutelgetuie is in ’n aanrandingsaak waarin ’n tweejarige kind van Oudtshoorn die slagoffer was, word deur die Oudtshoorn Polisie se eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings gesoek.

Die Polisie het ’n ernstige beroep op inwoners gedoen om hulle te help om Priphilda Lucas te vind. Sy het voorheen in die Blinkhokke (nommer 21) gewoon, maar die Blinkhokke is intussen afgebreek. Sy gaan volgens die Polisie ook nie meer by te Bergsig Primêr skool nie.

Volgens die meisie se ma, Teresa le Roux van Ladismith, woon Priphilda by haar pa, die verdagte in die saak, in die Black Joint. Die pa is egter tans in die Ladismith Gevangenis.

Enigiemand wat weet waar Priphilda opgespoor kan word, kan ao Michael de Kock by tel 044 203 7517 kontak of ‘n boodskap vir hom laat.