Oud-Principiaan in National Geographic-reeks

Carolyn Forword soos sy in Sondag se uitsending lyk.

Carolyn Forword soos sy in Sondag se uitsending lyk.

’N OUD-HOOFMEISIE van Principia Kollege op Oudtshoorn, Carolyn Forword, is Sondagaand (21 Mei) op die National Geographic-kanaal op DSTV (kanaal 181) te sien in die gewilde reeks Origins: The Journey of Humankind.

In Sondagaand se epiosode, wat om 21:00 uitgesaai word, word gewys hoe fietse in die laat 1800’s vroue se lewens verander en hulle as’t ware uit hul huise bevry het. Dié episode van die reeks is in Philadelphia naby Kaapstad geskiet.

Carolyn se ma, Trudene, sê dié rol was ’n groot geleentheid vir Carolyn, wat al dikwels op die kassie te sien was – in advertensies, rolprente en reekse. “Sy het talle aktrises uitgestof vir die rol, en vertolk die Amerikaanse aksent heel natuurlik.”