Wesbank-mans val vas in liga

Die eersteliga-mansspanne van Great en Wesbank. Voor van links sit Chris Searles (kapt), Louis Bierman, Johan Naude en Max Stam van Great. Agter van links is Zander Petzer, Louis Pienaar, Marcelle Petzer en Dirk Potgieter (kaptein) van Wesbank. Foto: Garnett Wicomb

DIE eerste- en tweedeliga-mansspanne van die Wesbank Tennisklub het Saterdag (28 November) albei vasgeval in hul kragmetings tydens ’n ligabyeenkoms van die Eden Tennis­vereniging.

Die A-span het in ’n spannende wedstryd, waarin veral die jong spelers mekaar behoorlik opgedreun het, met 2-3 teen Great II verloor terwyl die B-span met 1-4 teen George in die stof gebyt het.

In die wedstryd tussen Wesbank A en Great II was dit die twee Petzer-broers, Marcelle (18) en Zander (14), wat uitgeblink het.

Die volledige uitslae is:
Eersteliga-enkelspel – Max Stam v/t Marcelle Petzer 6-4, 4-6, 2-10; Louis Bierman k Zander Pienaar 6-4, 6-4.

Dunbbelspel – Johan Naude en Chris Searles k Zander Pienaar en Dirk Potgieter 2-6, 2-6; Max Stam en Johan Naude v/t Marcelle Petzer en Zander Petzer 2-6, 1-6.

Louis Bierman en Chris Searles k Zander Pienaar en Dirk Potgieter 6-3, 6-2.
Tweedeliga-enkelspel – Eric Eyre v/t Paul Fourie 6-3, 4-6, 4-6; Elvin Wentzel k Louis Pienaar 6-2, 6-0.

Dubbelspel – Adam Myburgh en Morton Slabbert k John Marais en Cilliers Petzer 6-0, 6-4; Eric Eyre en Morton Slabbert k Paul Fourie en Cilliers Petzer 2-6, 6-4, 6-4; Elvin Wentzel en Adam Myburgh k Louis Pienaar en John Marais 6-3, 6-0. (Deur Garnett Wicomb)