Wesbank looi Knysna

Rida Bester (links), Hanle Cronjé (middel) en Christine van Coller wat saam met hul jong spanmaat Patricia Esterer (foto onder) hul eers-teliga-vrouewedstryd teen Knysna gewen het. Foto: Garnett Wicomb

Patricia Esterer

Die span van Beaufort-Wes wat Wesbank B Saterdag met 3-2 geklop het, is van links Hilmar Jack, Selwyn Visagie, Kenneth Paulse en Alec Little. Foto: Garnett Wicomb

Deur Garnett Wicomb
DIE eersteliga-vrouespan van die Wesbank Tennisklub was Saterdag heeltemal te sterk vir die span van die Knysna Tennisklub in die Eden Tennisvereniging se liga.

Die tuisspan het met 5-0 gewen met die belowende jong Patricia Esterer (14) wat haar merk behoorlik gemaak het.
Esterer het haar enkelspelwedstryd teen Tessa Micic met 6-3, 7-6 gewen en saam met Hanle Cronjé vir Micic en Mary-Ann Beviss in die dubbelspel met 6-4, 6-2 geklop.

Christine van Coller het in haar enkelspelwedstryd vir Retha Matthee 6-7, 6-4, 6-2 geklop.
In die ander dubbelspelwedstryde het Rida Bester en Cronjé vir Debra Hyde en Nary-Ann Beviss 6-3, 6-2 geklop en Rida Bester en Van Coller vir Retha Matthee en Hyde 6-4, 7-5.

• Die Wesbank B-tweedeligamans- span het in sy spannende kragmeting teen Beaufort-Wes met 2-3 die aftog geblaas. Beaufort het drie wedstryde gewen en Wesbank B twee. In die enkelspel (Beaufort-Wes se name eerste) het Kenneth Paulse vir Pieter

Barnard met 6-3, 6-1 geklop en Selwyn Visagie met 2-6, 5-7 teen Corlu Nel verloor.

In die dubbelspel het Hilmar Jack en Alec Little vir Danie Steyl en Pieter Schoeman met 4-6, 6-4, 7-6 geklop, Jack en Visagie met 6-4, 2-6, 1-6 teen Nel en Schoeman verloor en Paulse en Little vir Barnard en Steyl met 6-3, 7-6 geklop.