Verwey wen Parkrun

Francois Verwey.

FRANCOIS VERWEY het Saterdag die 274ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed gewen met die vorige week se wenner, Cameron Joseph, kort op sy hakke.

Die tienjarige Stiaan van Wyk was vierde algeheel en die eerste junior wat oor die eindstreep gedraf het.
Anke Stander (19) was met haar eerste deelname aan ’n Parkrun die eerste van die vrouedeelnemers, gevolg deur Tarren Jullies.

Die voorste hardlopers van Saterdag se 63 deelnemers was: Verwey (22:07), Joseph (22:19), Johannes le Roux (22:44), Van Wyk (23:19), Gordon Afrika (26:06), Stander (26:22), Jullies (26:23), Francois le Roux (26:43), Mathys Myburgh (26:51), Albertus Kennedy (27:10), Johann Coetzer (27:15), Alida Geldenhuys (29:31), Chanté Meyer (29:49), PA Geldenhuys (30:33), Kruge Roeloffze (30:45), Gerhard Swart (31:12), Petrus Geldenhuys (31:27), Annemarie le Roux (31:44), Clarence Cairncross (32:02), Bart Saaiman (32:04) en Henry Carstens (32:06). (Deur Garnett Wicomb)