Stockcar Streekskampioenskappe eindig 2023 op ’n brullende noot
Die Stockcar Streekskampioenskappe het verlede Saterdag by die Red Rock Raceway-baan net buite Oudshoorn plaasgevind om die SWD streekwenners vir 2023 te bepaal. Dit was ook die laaste byeenkoms van die Oudtshoorn Klub kampioenskappe vir die jaar. Daar was 79 inskrywings in 9 verskillende kategorieë. Die byeenkoms is geborg deur Clive en Vicki Meyer van Cobra Tech op George.
Foto: Angelique Erasmus