Sportgemeenskap vereer deur Munisipale Sporttoekennings

Uitvoerende burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson aan die woord van 2022 se Munisipale Sporttoekennings. Foto: Die Hoorn argief

Die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit se Burgemeestersporttoekennings 2023 gaan op Dinsdag, 05 Desember 2023 in die Banketsaal van die Munisipaliteit plaasvind.

Die Uitvoerende Burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Chris Macpherson, gaan tydens hierdie geleentheid uitstaande atlete, afrigters en bydraers vereer vir hul aansienlike impak op die plaaslike sportsgemeenskap.

Die finaliste in die onderskeie kategorieë is as volg:
Ererol: Late Franco Coerecius, Late Clement Rex, Late Sydwell Muller.
Legende: Klaas Pypers.
Primêre Skolesportspan: Laerskool Wesbank 0.13 rugbyspan, Laerskool Van Reede Marjorette, Laerskool Laurus 0.13 krieketspan.
Laerskool Afrigter: Pieter van der Walt (Laerskool Wesbank), Ronald Presher (Laerskool Van Reede), SW Vorster (Laerskool Laurus).
Laerskool Sportvrou: Dané van der Westhuizen (Laerskool Wesbank), Nikita Stander (Laerskool Laurus).
Laerskool Sportman: Waquemo Sampson (Colridge Primêr), Fourie Delport (Laerskool Wesbank), Cameron Botha (Laerskool Laurus).
Hoërskool Sportspan: Langenhoven Gimnasium O. 18 Netbalspan, Toutrek-Span (440kg) – Oudtshoorn Skool vir Vaardighede.
Skoolsportadministrateur: Meghan Presher (Van Reede Majorette), Damon Gysman (De Villiers Primêr), Martin Davids (Saturnus Primêr).
Hoërskool Afrigter: Walt Böhme (Hoërskool Oudtshoorn).
Hoërskool Sportvrou: Kelsey Stuurman (Bridgton Sekondêr), Chanien Hifke (Hoërskool Oudtshoorn), Emma van der Westhuizen (Langenhoven Gimnasium), Maryke Witbooi (Oudtshoorn Skool vir Vaardighede).
Hoërskool Sportman: Logan Jantjies (Hoërskool Oudtshoorn), Ewald de Jager (Langenhoven Gimnasium), Thurstin Murphy (Bridgton Sekondêr).
Junior Sportvrou: Sarah-Jane Lewis (Jikai Do Karate), Sue-Alice Gysman (Bridgton Sekondêr).
Junior Sportman: Divan Rademeyer (Grebe Kickboxingklub), Geo Bruintjies (Jikai Do Karate), Sergio Arries (Oudtshoorn Gholf-klub).
Sportpersoon met ‘n gestremdheid: Allanzo Mapoe.
Senior Sportspan: All Blacks RVK, Kavaliers RVK, Harlequins RVK, Union Stars Krieketklub.
Senior Afrigter: Lo-Anne Oosthuizen (Okinawa Goju Ryu Karate), Ranger Grebe (Grebe Kickboxing), Angelo Booysen (Harlequins RVK).
Senior Sportadministrateur: Sonja Schultz (Oudtshoorn Fietsry).
Senior Sportvrou: Charlissa Schultz (Oudtshoorn Fietsry), Sheree Samson (Jikai Do Karate), Chauunique Bruce (Grebe Kickboxing-klub), Haroline Rhodes (Union Stars Krieketklub).
Senior Sportman: Mike Lombard (Oudtshoorn Fietsry), Jaco Saayman (Okinawa Goju Ryu Karate), Ruphino Plaatjies (Harlequins RVK), Ben Greeff (Grebe Kickboxingklub).

Die geleentheid beloof om ‘n onvergeetlike aand van die vieringe van uitstaande prestasies in sport te wees en om die toewyding en talent van individue en spanne binne die gemeenskap te eer.