Rolbal-sakeliga lok 42 spanne

Die Oudtshoorn Rolbalklub se Alert Patrol Besigheidsliga het Woensdag (16 Februarie) afgeskop en 42 spanne van regoor Oudtshoorn saamgebring vir ’n potjie kompeterende tog vriendskaplike rolbal. Hier is van die spanne druk besig om die bal in die regte rigting in te probeer aanmoedig. Na die eerste rondte is Van Reede 1 in die topposisie, gevolg deur PSP Timber, Quick & Clean, Auto Select en Hyundai Oudtshoorn. Foto: Gerhardus Delport