Mqodolo wen derde parkrun

Roxanne Theart was die eerste vrou oor die wenstreep by verlede Saterdag se Parkrun Foto: Garnett Wicomb

Die Oudtshoorn Parkrun by die Surval Landgoed buite Oudts-hoorn is Saterdag vir die derde keer in vier weke gewen deur Thulani Mqodolo.

Mqodolo het die 366ste Oudtshoorn Parkrun dié keer met ’n tyd van 20 minute 53 sekondes gewen, met Yaron Venter kort op sy hakke met ’n tyd van 21 minute 24 sekondes.

Roxanne Theart wat in die sewende plek klaargemaak het was die eerste vrou. Die voorste twintig drawwers van die 41 deelnemers was Thulani Mqodolo (20:53), Yaron Venter (21:24), Julius Makhoba (22:22), Heinrich Badenhorst (22:45), Fanie Olivier (25:36), Hoon Hannes (26:40), Rozanne Theart (27:28), Abraham Patrick (27:55), Johann Coetzer (28:03), Albertus Kennedy (28:23), Melanie Fourie (30:15), Andre du Toit (30:19), Louis Hoffman (30:32), B.A. Muller (34:57), Naomi Badenhiorst (35:09), Delia Niemand (38:52), Cornelia Olivier (39:42), Lampies Lamprecht (40:13), Nasia Davids (40:23), Ronel Hoffman (40:37) en Jeanette Terblanche (42:17). (Deur Garnett Wicomb)