Hillside en Rietbron klop Wesbank op tennisbaan

Rietbron en Wesbank se eersteligaspanne is voor van links Albert Eybers, Cobus Diepraam, Tiaan Theron en Josh Daniel. Agter staan William Eybers, Zander Petzer, Marcel Petzer en Kurt Eybers. Foto: Garnett Wicomb

Hillside en Wesbank se B-spanne is voor van links Hilmir Jack, Kurt Morkel, Edwin de Bruyn en Elias Nel. Agter van links staan Pieter Schoeman, André Gerber en Pietman Schoeman. Afwesig: Wilhelm Joubert. Foto: Garnett Wicomb

Hillside van Beaufort-Wes en Rietbron het Saterdag op Oudtshoorn hul wedstryde in die ligakompetisie van die Eden Tennisvereniging teen spanne van die Wesbank Tennisklub in twee spannende wedstryde, wat albei tot die einde in die weegskaal was, met 3-2 gewen.

In die wedstryd tussen Rietbron en Wesbank se eersteligaspanne het Marcel Petzer van Wesbank met skitterende spel Rietbron se nommer een speler, Albert Eybers, in die eerste enkelspelwedstryd met 6-4. 7-6 geklop.

Sy jonger broer, Zander, was egter ongelukkig om sy enkelspelwedstryd teen William Eybers, in drie stelle te verloor, waarna Rietbron twee van die drie dubbelspelwedstryde ingepalm het om die wa deur die drif te trek.

In die wedstryd tussen Hillside en Wesbank se B-spanne het die besoekers na die enkelspelwedstryde met 2-0 voorgeloop nadat Kurt Morkel vir Pietman Schoeman en Hilmir Jack vir Wilhelm Joubert geklop het.

Kurt Morkel en Edwin de Bruyn het die kragmeting vir Hillside beklink met ’n oorwinning van 6-2, 6-1 in die beslissende dubbelspel oor Pieter Schoeman en Wilhelm Joubert.

Die volledige uitslae is soos volg;
Eersteliga: Rietbron 3; Wesbank 2.
Enkelspel
Albert Eybers v/t Marcel Petzer 4-6, 6-7; William Eybers k Zander Petzer 6-2, 4-6, 7-6.

Dubbelspel
Kurt Eybers en Tiaan Theron k Cobus Diepraam en Josh Daniel 6-2, 6-3; Albert Eybers en Tiaan Theron k Marcel Petzer en Cobus Diepraam 6-4, 6-0; William Eybers en Kurt Eybers v/t Zander Petzer en Josh Daniel 6-7, 4-6.
Tweedeliga: Hillside (Beaufort-Wes) 3; Wesbank 2

Enkelspel
Kurt Morkel k Pietman Schoeman 7-6, 6-4; Hilmir Jack k Wilhelm Joubert 6-1, 6-1.

Dubbelspel
Edwin de Bruyn en Elias Nel v/t Pieter Schoeman en André Gerber 2-6, 1-6; Hilmir Jack en Elias Nel v/t André Gerber en Pietman Schoeman 1-6, 0-6; Kurt Morkel en Edwin de Bruyn k Pieter Schoeman en Wilhelm Joubert 6-2, 6-1. (Deur Garnett Wicomb)