Verskeie hoërskole in die Klein Karoo se matrieks het reeds hul matriekafskeid gevier.
Seuns en dogters het spoggerig gelyk in snyerspakke en mooi rokke, terwyl blink motors hul op die rooi tapyt afgelaai het.
’n Onvergeetlike aand vol goeie herinneringe, dans en hul laaste jaar in skool is tot laat die aand gevier. Hier is ’n paar foto’s wat deur ons lesers ingestuur is.
Die Hoorn is oorweldig deur die ongelooflike mooi foto’s wat ontvang is, en sou graag ieder en elk in die koerant wou plaas. Loer gerus na al die foto’s op ons Facebookblad.
Wilme Stander, van Langenhoven Gimnasium, Saterdag tydens haar matriekafskeid. Sy het spesiaal haar foto’s saam met die arabierhings, Elkasun Shakeel, laat neem en is self ’n groot perdeliefhebber.
Leonê Zwaretberg Hoërskool Prince Albert
Baronique, Dysselsdorp Sekondêr
Marc, Hoërskool Protea
Stephen en Pausha, Hoërskool Môrester
Kirsten – Hoërskool De Rust
Be the first to comment on "Matriekafskeid 2024 – Klein Karoo matrieks lyk spoggerig!"