Eljada-Kairos hou prettige atletiekdag

Leerders van die Eljada-Kairos Skool op Oudtshoorn het met groot oorgawe deelgeneem aan die skool se kleureatletiek wat Vrydag, 15 Februarie by die De Jager Sportstadion plaasgevind het. Bo juig Adrihano Prinsloo (11) van blydskap soos wat JP Bosman, klas-assistent by die senior kampus, hom oor die wenstreep stoot. Onder is AJ Bekker (links) en Jodene Plaatjies, albei 15, wat die dag saam geniet. Hierdie twee is al sedert hul gronslagfase beste maats, volgens die skool. (Foto’s verskaf)