Eljada-Kairos bedank gemeenskap

Die Eljada-Kairos Skool op Oudtshoorn, met beide ’n junior en senior kampus wat Oudtshoorn se intellektueel- en fisies-gestremde kinders bedien, het verlede week ’n funksie by die Cape Karoo Ostrich Emporium gehou om inwoners, sakelui en besighede van die dorp te bedank vir hul ondersteuning van die skool. Hier is van links Hennie Baartman, prinsipaal van die skole; Enith Bekker, skool beheerliggaam voorsitter; en Ralph Laruffa, verkoopsbestuurder by Ricoh Garden Route, borg van die funksie. Foto: Stefan Skapie Goosen