Katjie van die baan, die voorbok/leier. Nederlandse betekenis: die kat wat sonder vrees oor die groot pad loop.
Hierdie week is Kieter en Kat weer lekker besig met kattekwaad. Nie net is die twee letterlik katjie van die baan nie, maar het hulle ook een van die ander aflospanne se aflosstokke gevat en harloop nou weg daarmee.
Hulle lyk vreeslik ingenome met hulself. Oudtshoorn het self die afgelope weke baie atlete op die De Jagers-sporkompleks se tartanbaan gehad, met die Streeksatletiek wat hier plaasgevind het.
Ten spyte van die hitte wat die Klein Karoo die afgelope tyd ervaar, het plaaslike kinders en spanne steeds goed gevaar.
Dit lyk nie of dit so warm in Kat-land is nie, aangesien die twee nie eers nodig het om pleisters onder hul pootjies te plak nie. Skets: Janien Müller