Promosies

Legende leef voort in nuwe Hilux!

Die Toyota Hilux 2.8 GD6 Auto 4X4 RS-dubbelkajuit is die top-model van die splinternuwe Hilux-reeks. Vergeleke met die vorige Hilux 2.8-modelle lewer dié bulperd van ’n bakkie 150 kW krag teenoor 130 kW en 500 Nm wringkrag teenoor 450 kW. Die nuwe Hilux 2.8 het nie net met meer krag nie, maar spog ook met ’n opgegradeerde mooier rooster wat dit ’n moderner voorkoms gee. Navigasie (GPS), ’n klankstelsel met Apple Car- play en Android Auto en leersitplekke is ook alles deel van dié topmodel Hilux. Vir meer inligting besoek gerus Klein Karoo Toyota.

40 jaar se diens aan die gemeenskap

JARE gelede, toe jy nog kind was en die gras moes sny vir sakgeld, en daai oer-oue grassnyer die dag nie meer wou werk nie, was hulle reeds daar.

Vandag sny jy jou eie gras, en breek jou eie grassnyer die dag, dan bel jy dalk vir pa, en vra: “Wat nou gemaak, pa?”

Die antwoord is maklik: “Vat hom Oudtshoorn Grassnyers toe, hulle sal weet wat om te doen.”

Vir die afgelope 40 jaar is Oudtshoorn Grassnyers se span tot die diens van Oudtshoorn se gemeenskap. Van jou pa, tot buurman, tot die gemeenskap se boere, of selfs die skool in jou buurt – almal weet wie hulle is.

Die besigheid het in 1980 sy deure oopgemaak, en het eers bekend gestaan as Oudtshoorn Grassnyerdienste. In 2010 het Johan en Gerda Swart die teuels oorgeneem, en is hulle steeds die eienaars van dié instelling, nou in St Johnstraat.

Tot en met 2014 het die besigheid slegs as werkswinkel vir die herstel van gras-snyers bestaan, en dit is toe dat die Swart-gesin die winkel uitgebrei het, en is hulle tans agente vir Husqvarna sowel as Lawnstar – van die bekendste name in die tuinboubedryf.

Buiten die werkswinkel het hulle dus ’n hele reeks van splinternuwe Husqvarna- en Lawnstar-produkte – geskik vir huishoudelike en kommersiële gebruik – en bied hulle steeds die beste diens teen billike pryse… Husgvarna se kettingsae en randsnyers is van topgehalte!

Die Oudtshoorn Grassnyers-span weet ook presies hoe belangrik hul gemeenskap vir hul voortbestaan is, veral in 2020 wat die toemaak van baie besighede teweeg gebring het weens Covid-19.

“Ons wil vir al ons kliente deur die jare baie dankie sê vir hulle deurlopende, lojale ondersteuning. Ons het weereens gedurende die moeilike 2020 besef dat ons werklik op julle kan staatmaak. Oudts­hoorn se gemeenskap is ’n baie uitsonderlike en spesiale groep mense, en ons is baie dankbaar vir elke persoon wat hul vertroue in ons stel,” sê Johan en Gerda.

Hulle voeg by dat hulle nie die uitsonderlike 40 jaar-mylpaal sou kon bereik het sonder die genade van die Hemelse Vader nie. “Wanneer tye donker is, dra Hy Oudts­hoorn Grassnyers en word ons elke dag geseën. Alle lof en eer aan Hom.”

Die span nooi die gemeenskap om in November ’n draai by die winkel te maak; “Ons het baie spesiale aanbiedinge!” (Promosie)