
Die wenners van die Prince Albert Leesfees-skryfkompetisie is op Vrydag 23 Augustus in kennis gestel.
Die kompetisie was lank deel van die leesfees, maar het vir ’n aantal jare nie plaasgevind nie.
Danksy ’n borgskap van Cordis Trust kon die kompetisie vanjaar weer aangebied word vir ongepubliseerde skrywers en digters in dorpe rondom Prince Albert. Die organiseerders oorweeg om die kompetisie verder uit te brei om volgende jaar skrywers oor ’n groter gebied te kan uitnooi.
Die Leesfees is ten volle afhanklik van borgskappe en die aard van borgskappe vir volgende jaar se fees sal die grootte van die kompetisie bepaal.
Die hoofbeoordelaars was René Bohnen (Gedigte) en Louise Venter (Kortverhale)
Die Leesfees word vanjaar vanaf 30 Augustus tot 1 September by The Showroom-teater in Prince Albert aangebied.
The Showroom is die eiendom van PACT (Prince Albert Gemeenskapstrust) en word ten volle deur jong mense uit die gemeenskap bestuur.
Die pragtige Art Deco-teater is die ideale venue vir vanjaar se leesfees.
Die wenners van die skryfkompetisie is:
Gedigte (14 tot 19 jaar): 1. Paython Bennie (George), 2. Shaun Benade (Groot Brakrivier), 3. Faydé Lekay (Oudtshoorn)
Kortverhale (14 tot 19 jaar): 1. Jordan P Louw (Oudtshoorn), 2. Esté Louw (Sutherland), 3. Elmé Steyl (Oudtshoorn).
Gedigte (Volwassenes): 1. Hanlie Burger (Prins Albert), 2. Elizabeth Eksteen (De Rust), 3. Julene Westraad (George).
Kortverhale (Volwassenes): 1. Pieter Grimbeek (Oudtshoorn), 2. Yolandi Claassen (Mosselbaai), 3. Susan Botha (Oudtshoorn).