Temperatuur styg tot bo 46 grade C in Klein Karoo

INWONERS van die Klein Karoo kon vandeesweek darem ’n bietjie asem skep nadat die kwik Saterdag en Sondag op baie plekke tot heelwat meer as 40 grade Celsius gestyg het.

Volgens die weer-diens iWeathar, wat die temperatuur in die omgewing van die Oudtshoorn Lughawe meet, het die kwik Sondag (23 Januarie) by 46,2 grade Celsius gedraai.

Ook Saterdag het die kwik tot bokant 40 grade Celsius gedraai.