SOE besoek Kannaland; lê beslag op lêers

DIE Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het verlede Vrydag (26 Maart) die Kannaland Munisipaliteit se kantore in Ladismith besoek, onder meer om ’n proklamasie in opdrag van die president af te gee. Dié proklamasie hou verband met ’n landwye oudit van Covid-19-uitgawes wat gedoen word om te verseker dat staatskenkings volgens voorskrifte geskied het.

Verskeie lêers is egter ook tydens die besoek uit die munisipaliteit verwyder.
Die Hoorn het betroubaar verneem dat die besoek onder meer verband kan hou met bewerings dat ’n “bekende inwoner” verlede jaar kospakkies verwyder het.

Die SOE-besoek hou glo ook verband met ’n ondersoek na gebeure uit die era na die Dekker-kommissie se ondersoek in die vroeë 2000’s.

Dit sluit bewerings is van die wanbesteding van miljoene rande, omkopery om tenders te bekom, geldwassery, politieke bevoordeling en vervalste kwalifikasies.

Verskeie fluitjieblasers het klaarblyklik na vore gekom met inligting.

Die SOE het teen druktyd nog nie op navrae van Die Hoorn oor die besoek gereageer nie. (Deur Liesel le Roux)

Be the first to comment on "SOE besoek Kannaland; lê beslag op lêers"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*