Skoolboelie – dié kortfilm voorwaar ’n gemeenskapsprojek

Die kortfilm Skoolboelie, wat deur Oudtshoorniet Cedric Africa geskryf is, is werklik besig om ’n volwaardige gemeenskapsprojek te word volgens Africa. Oudtshoorniete van alle agtergronde raak betrokke: die leerders van Bridgton Sekondêre Skool (BSS) wat as “extras” optree, die tannie by die winkeltjie op die hoek wat gratis kos maak vir film-dae, en ’n plaaslike sakeman wat sy voertuie teen geen koste aan die verfilming uitleen - selfs die eenman-filmspan van George werk verniet. Hier is Africa (derde van regs) saam met die leerders van BSS, akteurs van Oudtshoorn en ander lede van die produksie tydens verfilming by BSS in Bridgton. Africa en sy span het ook ’n lootjie op die been gebring om te help met kostes vir die film - die wenner sal ’n silwer Kruger Rand kan wen. Skakel Wessel van Heerden, die eenman-filmspan, by 083 281 8384 vir meer inligting. Foto: Stefan Skapie Goosen