’n AANSOEK van ’n man van Oudtshoorn wat aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind en tien jaar gevangenisstraf opgelê is, om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer, is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof van die hand gewys.
Tyson April is November 2022 saam met Brandon Prinsloo daaraan skuldig bevind dat hulle op 28 Junie 2020 ’n man aangerand en van sy fiets en selfone beroof het en drie dae later ’n ander persoon met ’n mes gedreig en van sy selfoon en R60 kontant beroof het.
Hy het in sy aansoek aangevoer dat die hof die belang van die gemeenskap oorbeklemtoon het en nie sy persoonlike omstandighede onderbeklemtoon het.
Die staatsaanklaer, Brandon Smith, het April se aansoek teengestaan omdat hy tien vorige ver-oordelings het waaronder drie vir roof, en die hof as versagting afgewyk het van die voorgeskrewe minimumvonnis van vyftien jaar.
Streeklanddros Sylvia Mandla het in haar uitspraak gesê die hof het nie gefouteer met die skuldigbevinding en vonnis van April nie, en sy nie glo dat ’n ander hof tot enige ander beslissing sal kom nie – Garnett Wicomb