Oudtshoorn se Julia in voorprogram vir Karlien van Jaarsveld

Julia

‘N GRAAD 11-leerder van die Hoërskool Oudtshoorn, Julia de Beer (16), is gekies om as openingskunstenaar op te tree vir ‘n konsert van Karlien van Jaarsveld op 9 Junie op Oudtshoorn.

Julia het gister gehoor dat sy in die voorprogram gaan optree. Dié talentvolle jong Oudtshoorniet gaan drie liedjies sing.

Van Jaarsveld se konsert vind op 9 Junie om 19:00 plaas in die saal van die Hoërskool Oudtshoorn. Kaartjies kos R100 en R50 vir kinders onder 12. Rig navrae aan 044 279 1623. (Berig deur Liesel le Roux, Foto verskaf)