Inwoners versoek om imbizo’s by te woon

Illustration contains a transparency blends/gradients. Additional .aiCS6 file included. EPS 10

INWONERS van die Groter Oudts­hoorn het vandeesmaand die ge­leentheid om die jaarlikse burge­- mees­tersimbizo’s in hul wyke by te woon vir hul insette ten opsigte van die munisipaliteit se konsepbegro­ting vir 2022/2023 asook konsep- geïntegreerde ontwikkelingsplan.

Dié vergaderings het op 3 April afgeskop en vind tot 24 April plaas. Vergaderings sal plaasvind op:
• Donderdag 7 April om 19:00 vir wyke 4 en 5 in die Thusong Diens­sentrum;
• Sondag 10 April om 15:00 vir wyk 11 in die Spieskamp Roodewal UCC Kerksaal;
• Dinsdag 12 April om 19:00 vir wyke 7 en 13 in die Protea Hotelsaal;
• Woensdag 13 April om 19:00 vir wyke 1, 2, 3 en 7 in die Banketsaal;
• Dinsdag 19 April om 19:00 vir wyk 2 by die Volmoed Primêre Skool;
• Woensdag 20 April om 19:00 vir wyk 12 in die Banketsaal;
• Donderdag 21 April in 19:00 vir wyk 2 in die Welbedacht Kerksaal;
• Sondag 24 April om 15:00 vir wyk 12 by Klipdrift Primêre Skool.

Huidige begrotingsvoorstelle:
Volgens die konsepdokument sal tariewe vanaf 1 Julie so styg: elektrisiteit met 8,5%, erfbelasting met 10%; water met 6%; vullisverwy­de­ring met 12% en ander tariewe met 6%.

Met riooltariewe wat aangepas moet word nadat AfriForum die saak oor riooltariewe in die hof be­veg het en suksesvol was, beoog die munisipaliteit nou om weg te doen met die vorige per toilet-hef­fing en voortaan ’n vaste bedrag van R2 974,94 per jaar per huishouding te hef. Dit bring ’n styging mee in riooltariewe van 60% in huishou­dings met een toilet, en ’n vermindering in riooltariewe van 20% in huishoudings met twee toilette en 46,67% in huishoudings met drie toilette.

Salarisse maak tans 39,18% van die begroting uit, terwyl Nasionale Tesourie se riglyn is dat salarisse 35% van die begroting moet uitmaak. (Deur Heinrich Bosman)