Benoem Oudtshoorn as Dorp van die Jaar

Oudtshoorniete het tot middernag Vry­dag die geleentheid om Oudtshoorn te benoem as Kwêla se Dorp van die Jaar!

Die gemeenskapsinisiatief, Ek is Oudtshoorn, het die week inwoners aangemoedig om dié ini­siatief te ondersteun en ’n sms met Oudtshoorn se naam na 33157 te stuur.

Die wenprys van R1 miljoen se gratis publi­siteit op televisie en hoofstroom-koerante kan baie vir die dorp en omgewing se ekonomie en dus vir werkgeleenthede en so vir die inwoners beteken, sê Jaco Vorster van Ek is Oudtshoorn.

Dié wenprys is byvoorbeeld veel groter as die begroting waarmee Oudtshoorn Toerisme jaarliks die dorp aan toeriste moet bemark en kan baie vir die ekonomie van ’n plattelandse dorp in die Klein Karoo beteken.

“In die Dorp van die Jaar-kompetisie gaan dit oor jou dorp – jou stukkie plek op die aarde, en die mense wat daar saam met jou woon,” sê Jaco.

Indien Oudtshoorn een van die drie dorpe in die Wes-Kaap is wat die meeste stemme ontvang, sal die dorp deurdring na die volgende rondte.

Almal wat dus lief is vir die dorp en sy mense, hier grootgeword het, graag hier kom feesvier en kuier, en Oudts­hoorn wil uitbou tot voordeel van al sy inwoners kan gerus nou saamstaan en die dorp nomineer as finalis van die Kwêla Dorp van die Jaar.

Stem asb; dit is tot almal se voordeel!
Sms Oudtshoorn na 33157 voor Vrydag 14 Februarie om 00:00 (middernag).
SMS’e kos R1,50.

Jy kan soveel SMS’e stuur soos jy wil.