• SMS na 073 217 7089. • Beledigende of lasterlike SMS’e word nie geplaas nie. • SMS’e weerspieël die standpunt van die afsender en nie die van Die Hoorn nie. • SMS’e met klagtes oor besighede moet die sender se naam bevat en dit sal aan die besigheid voorgelê word vir reaksie. • SMS’e langer as 60 woorde sal verkort word.
Dit is nodig dat die munisipaliteit ’n span verkeersmanne met kennis van die dorp se verkeer aanstel om ’n verslag met aanbevelings op te stel wat die probleme uitwys. Die volgende behoort deel uit te maak van so ’ n verslag: Huurmotors wat die hele helfte van die pad by die taxirank volstaan, paaie en plekke waar dit moeilik is om by die hoofpad in te kom weens parkering van voertuie wat jou uitsig belemmer, ignorering van rooi verkeerslig, spoedwalle wat nie geverf is nie en onsigbaar is, voorkeur wat bestuurskole kry en watter verkeersmanne en vroue het belange by die skole. Verkeersmanne kan meer nuttig gebruik word as om die hele dag by ’n kamera te sit.
*****
Dit is hoog tyd dat honde-eienaars belasting vir hul honde betaal – dan sal dit beter by die hondeskut ook gaan. In een woonstelblok is 11 honde! Waar trek ’n mens die streep? Dit het tyd geword dat die probleem aangespreek word. Tula Meyer
*****
Lekker om die naweek te kon sien hoe vol besoekers Oudtshoorn was. Die fietswedrenne beteken baie vir die dorp.
*****
So, mnr Gordon April en sy “comrades” het nog niks oorgekom nie en gaan ook seker niks oorkom nadat hulle die dorp so briljant in die grond in bestuur het nie? Vuisvoos belastingbetalers moet nogsteeds die narre betaal met allerhande ou kragheffings en onetiese maniere om die eerlike man op straat te laat boet. Sleep daai manne nader, hulle moet kom betaal! Nie ons nie! Verbeel jou, so ’n groot salaris, en dit om wanorde te veroorsaak! Jay-Jay.
*****
Baie geluk aan die stigter van die Suid Afrikaanse Raad vir Sakevroue, Rika Venter van Oudtshoorn, met haar 82ste verjaarsdag!