SMS’e van lesers

Ek stem heelhartig saam met mnr Lamprecht. Laat ons saamstaan en die re­gering dwing om op Christelike dae al die winkels groot en klein te sluit soos in die verlede. Die KKNK kan dankie sê dat daar nie ’n aardbewing was tydens die opstanding Sondag­aand nie. Here, wees ons genadig. (Net ter inlig­ting: Die KKNK was reeds met opstanding-Sondag verby. – Redakteur)
*****

Ai tog. Waar is ons jong manne se ma­niere? Of het die ouers in hul taak as opvoeders gefaal? Tafelmaniere be­staan nie meer nie. Tydens die afgelope Moedersdagete was dit opvallend hoe­veel jong manne (seuns), aan tafel met hulle geliefdes, met pette op hulle kop­pe gesit en eet het. Ek is geleer dat as jy ’n huis, kroeg of enige plek waar voedsel bedien word, binnegaan, jy jou hoofbedekking dadelik afhaal uit respek vir ander. Wat is besig om te ge­beur in ons land? Opvoeding, goeie maniere en respek vir ander bestaan net nie meer nie. Johan

5 Sms foto

Dit is hoe Parkweg-Noord deesdae lyk! Onopgevoede mense wat besoedel en bemors sover hulle gaan! Wat ’n jammerte… Met die mooi uitsig op die Swartberg!
*****

Soek baie koerante vir Act en Kathotel. Help asseblief. Kan afgelaai word by Kango Dierekliniek. Dringend.
*****

Ek spog ook met ’n reënwatertenk wat ek al 11 jaar gelede aangebring het. Ek woon in Bridgton; kom inwoners – laat hoor van julle pogings om water op te vang. Ou Koos
*****

Hi daar! Mis die Oudtshoorniete, maar aai, dit is die Strand! Charles Meyer
*****

Hoekom moet ons, as verbruikers, julle kassiere by betaalpunte altyd vra/sê om weg te kyk as ons pin-nommers intik op ’n transaksie?
*****

Al ooit gewonder hoekom sekere dinge in gemeenskappe stagneer? Want as sekere korrupte politieke amptenare dit nie vir hul vriende of families kan gee nie, dan moet sekere dinge wat die gemeenskappe kon by baat gevind het, liewers deur die mat val. Dit noem jy selfsugtige arrogansie – “groot mense wat in ’n kinderlike verstand vasgevang is”.
*****

Verbeel ek my of is daar minder leerlingtrokkies in die dorp?
*****

5 Charles se image