Sms’e van lesers

■ Jy kry nie nog ’n dorp met meer opportuniste in die bruin gemeenskap as Oudtshoorn nie. Kyk maar na die nuwe partytjies in aanloop tot die verkiesing met hul verskuilde agendas…

Toegespyker, toegegroei, vergete?
Die hangbrug is so vier jaar gelede opgegradeer met swak kwaliteit dennehoutplanke, wat sommer gou weer op ’n streep begin breek het. Nou is dit aan weerskante toegespyker. Sal graag wil weet wat die munisipaliteit se planne is.
– Kobus Maree, Oudtshoorn