SMS’e van lesers

Kla, kla, kla – dis darem iets wat ons mense baie goed kan doen! Laat ons eerder saamstaan en ons “voorheen vooruitstrewende” dorp probeer red? Kry ’n lewe en doen eerder iets positiefs as om te kla. Daar is so baie nog te doen. Elsie
*****

’n Paar maande gelede is daar gekla oor die straatligte in ’n groot gedeelte van Blomnek wat dag en nag (24/7) brand en dit nadat Eskom direk verantwoordelik is vir Blomnek se elektrisiteit en nie die munisipaliteit nie. Nou wonder ek, met ­hoeveel erns word energiebesparing regtig gemeet as die mense wat kla dat ons elektrisiteit moet bespaar, nie eers ’n ordentlike voorbeeld kan volg of stel nie? “You must practice what you preach.”
*****

Ek hoop van harte Albertstraat en sy rivieroewer word skoongemaak voor die KKNK. Dit is ’n gesondheidsrisiko om daardeur te ry en onooglik!
*****

Om te dink jy kry regtig mense wat sonder skaamte andere indoen en nie eers ’n tikkie skaamte of integriteit het nie. Ek kom agter dat on­eerlikheid later ’n gewoonte word en dan vergeet dieselfde mense dat hul kinders en kleinkinders groot word en vergeet dat “dit wat jy saai jy ook dit sal maai”. Behandel andere op eerlike wyse.
*****

Na nege jaar het ek weer in die MediClinic beland. Baie dankie vir almal se mooi gesindheid, liefde en passie met die werk wat julle doen. Julle verdien net die mooi van die lewe. Ons land sou ’n beter plek en lewe gewees het met omgee-engele soos by Oudtshoorn MediClinic, van die hoofde tot op die vloer. Mag net goedheid en guns julle volg. Ek gaan weer kom. Anna Stefaans
*****

Hoor-hoor, Nico Ungerer. Aifa is a vital economic injection for our town and has brought tremendous income and infrastructure to Oudtshoorn. All businesses need this and we cannot afford this ongoing complaining. Let us come to a compromise on the flying times. We need them in Oudtshoorn. Bernard Herman, retired businessman
*****

Ai, straatkinders is regtig ’n probleem en hulle kom weg met alles. Ons het by Checkers gestop in Hoogstraat. Straatkinders vra om na die bakkie te kyk. Ons sê nee dankie. Vyf minute binne, roep hulle ons oor interkom na buite. Bakkie se een ruit stukkend gegooi. 12 Checkers personeellede staan op die sypaadjie, maar niemand het dit gesien gebeur nie. Ons sal maar net nie weer daar inkopies doen nie. Te gevaarlik. Bakkie het nog CA-nommerplaat en hulle het natuurlik gedink die mense kom van die Kaap en gaan ons nie opspoor nie. Wat staan mens te doen?
*****

My kat het op ’n snaakse manier in Draaistraatsirkel weggeraak. Hy was nie siek nie, wel 17 jaar oud. Verseker is hy iets aangedoen – die waarheid sal uitkom en dan sal die vonke spat. Tula Meyer
*****

’n Voertuig het my lewe sopas in gevaar geplaas by die hangbrug in Kerkstraat. Ek ry op ’n scooter. Die vrou in die voertuig het net gewag tot ek oor die spoedhobbel bo-op die brug kom, toe trek sy weg. Toe ek nie padgee sodat sy kan verbykom nie, word haar middelvinger vir my deur die oop venster gewys. Ek is nou moeg vir voertuie met vier wiele wat ons op twee wiele van die pad af boelie. Dit is nou al die derde keer wat dit by die hangbrug met my gebeur. Kan die munisipaliteit nie ’n groter kennisgewingsbord daar opsit nie, alhoewel Oudtshoorniete weet hul moet daar stop en wag.
*****

Rosenhof is nie in die mark nie. Nic Barrow
*****