Lesersbriewe

menings

Skryf gerus ’n brief (nie meer as 350 woorde nie) aan Die Hoorn. E-pos briewe na nuus@hoorn.co.za of gee af by ons kantoor. Die Hoorn behou die reg voor om briewe te verkort of te redigeer ter wille van leesbaarheid.

Water is lewe

Katot Meyer se brief van 19 Januarie is ’n juweel wat deur almal gekoester moet word. Elke huis en klaskamer moet sy wenke vir ’n beter wêreld op die een of ander manier gedurig onder die aandag bring van diegene wat daar bymekaar is.

’n Paar dae gelede kon ek my oë nie glo toe iemand vir minstens tien minute sy motor met ’n tuinslang afgespuit het nie.

Net daar het ek besluit om die volgende wenk openbaar te maak:
Koop, vir sowat R10, ’n veeldoelige rei­niger met ’n groen gel-samestelling en dennegeur by ’n winkel wat spesialiseer in hierdie tipe produk.

Meng deeglik ongeveer een eetlepel hiervan in plus minus vyf liter water. Pas die hoeveelhede aan by die grootte van jou voertuig.

Gebruik ’n klein mop om die voertuig met die mengsel te was. Moenie afspuit nie, met ander woorde: raak nie aan ’n tuislang nie.

Om my Yaris blinkskoon te maak, neem uiters 15 minute lank!

Het ek maar hierdie inligting jare gelede gehad! Geniet jou voertuigwassery.

– Anti-motorwasser, Oudtshoorn