Bejaardes hou vrolike kultuurfeesdag op Oudtshoorn

KKF vir Bejaardes Koor

Die koor van die Klein Karoo Forum vir Bejaardes vanoggend by ‘n kultuurfeesdag wat die forum by Helen Bellinghanhof op Oudtshoorn aangebied het. Groepe wat deelgeneem het met sang, dans en trompoppies was die ACVV Swartberg-trompoppies, Lelies van Eden, Swartberg-, Volmoed- en De Rust Dienste vir Bejaardes, die Oudtshoorn Dienssentrum en die Goue Oues. Dit is die eerste keer dat hierdie groepe almal bymekaargekom het op Oudtshoorn vir so ‘n viering. Foto: Ilze-Mari Gründling