Wit Toyota Avanza laai mense af wat Indraf Kafee beroof

Indraf Kafee. Foto: Stefan Skapie Goosen

Die Oudtshoorn Polisie ondersoek ‘n saak van gewapende roof nadat drie verdagtes, een van hulle gewapen, omstreeks 15:00 op die bekende Indraf Kafee in St Saviourstraat toegeslaan het.

Volgens kapt Louis Visser, polisiewoordvoerder, was die eienaar en twee ander mense in die winkel toe drie mans ingestap het en tussen die rakke deurgeloop het. Een van die mans het ‘n vuurwapen by hom gehad.

Die mense in die winkel is volgens Visser beveel om op die grond te lê, waarna die verdagtes byna R10 000 se kontant, twee selfone, sigarette en sjokolade gesteel het, waarna hulle gevlug het.

Visser sê beeldmateriaal van die winkel se kringtelevisie wys dat ‘n wit Toyota Avanza die mans afgelaai het, verder gery het, en weer die mans opgelaai het. Die polisie probeer nog die voertuig se registrasienommer identifiseer. (Deur Stefan Skapie Goosen)

1 Comment on "Wit Toyota Avanza laai mense af wat Indraf Kafee beroof"

  1. Linda Blaauw | 08/26/2021 at 15:03 |

    Die mense wil nie meer werk nie . Neem hul toevlug tot inbraak om te steel .en rooftogte. Die arm van die gereg is lank. Pasop jy gaan uit gevang word in Oudtshoorn

Comments are closed.