Wêreldrekord vir Oudtshoorn se David Schoeman!

Foto: Facebook

VIR David Schoeman van Oudtshoorn was verlede Dinsdag (2 Maart 2021) voorwaar ’n spesiale dag toe hy die wêreldrekord verbeter het vir ’n baal grootsybokhaar by ’n veiling van die OVK-groep. Dié baal het ’n prys van R450 behaal.

David het met twee bale jongbokhaar ook die vorige rekord verbeter met pryse van R652.10 en R652.00 per kg onderskeidelik (die vorige rekordprys was R626 per kg).

Vir kleinbokkiehaar het David boonop die topprys van die dag behaal met R774.10 per kg. Drie van sy ander kleinbokkiehaarbale het ook onder die top vyf pryse van die dag geëindig. (Liesel le Roux)