Die Oudtshoorn raad het die dorp gister (Donderdag 25 Julie 2024) sonder ’n burgemeester gelaat, nadat ’n mosie van wantroue teen Chris Macpherson, met 15 teen 8 stemme geslaag het. Die stemme was soos volg:
15 vir die mosie (7 ANC, 3 VF Plus, 2 PA, 1 Good, 1 Advieskantoor, 1 OGI)
8 teen die mosie 7 DA, 1 Saamstaan)
2 buite stemming (2 Icosa)
Die mosie van wantroue teen die voormalige burgemeester, Chris Macpherson was egter nie eerste op die Agenda nie.
’n Mosie van wantroue is teen die speaker, Johan Allers ingedien, en as eerste punt op die agenda geplaas.
Daar was twee mosies van wantroue op die agenda. Die ander mosie was teen die speaker (VFPlus) Johan Allers. Alhoewel die mosie teen hom eerste op die agenda was het hy besluit om die mosie teen die burgemeester eerste te laat dien.
Die burgemeester het die stap bevraagteken en gevra vir redes waarom die mosie teen die speaker nie eerste dien soos op die agenda aangedui is nie. Allers het in reaksie bloot gesê hy het die besluit geneem en het nie redes gegee nie.
’n Nuwe burgemeester moes direk na die geslaagde mosie gekies word, maar Allers is deur die ANC hoofsweep Zoe Tyatya gevra vir ’n 2 ure koukus sessie. Die mosie het net voor 15:00 geslaag.
Die mosie is voorafgegaan deur ‘n uitgerekte koukusbreek nadat die ANC aanvanklik vir ‘n 15 minute koukus gevra het. Dit het teweeg gebring dat die mosie teen die burgemeester eers teen laatmiddag afgehandel is waarna die speaker die vergadering onmiddelik verdaag het. Die feit dat daar nie geleentheid was vir partye om kandidate as burgemeester te stel en een te verkies nie beteken dat Oudtshootn tans sonder ‘n burgemeester is.
Daar is ook nie tans ‘n onderburgemeester om waar te neem nie aangesien die vorige onderburgemeester, Vlancio Donson, bedank het nadat hy as onderburgemeester van Garden Route Dirstriksmunisplaititet aangewys is.
Dus is Oudtshoorn burgemeesterloos. Daar is nie ’n burgemeester om sy pligte aan iemand ander af te teken nie.
Om te verhoed dat Oudtshoorn moontlik onder administrasie geplaas kan word moet ‘n burgemeester, volgens inligting wat verkry is, binne 7 dae verkies word.
Daar is reeds in die media berig dat die koalisie wankelrig geraak het nadat die VFPlus, Icosa en Saamstaan by vorige vergaderings teen die DA gestem het.
Tydens ‘n mediagesprek na die mosie gister het Macpherson gesê die DA het met gisteroggend se koukusvergadering pertinent gevra wie vir die mosie gaan stem. Beide die VFPlus en Icosa het aangedui dat hulle vir die mosie gaan stem.
Op grond daarvan het die DA se provinsiale woordvoerder ‘n mediaverklaring uitgereik waarin die verbreking van die koalisie tussen Icosa, VFPlus en die DA aangekondig is. Die verklaring is kort daarna deur ‘n mediaverklaring van Corné Mulder, leier van die VFPlus uitgereik. Albei verklarings is gister op die Hoorn se Facebookblad geplaas.
Die VFPlus het saam met die ANC die mosie van wantroue in die burgemeester gesteun. Dit laat nou die vraag ontstaan of die VFPlus nou in koalisie is met die ANC is en watter party volgende week ‘n burgemeesterskandidaat daar gaan stel.
Navrae is vanoggend aan die DA, ANC, VF Plus en Oudtshoorn munisipaliteit gestuur.
Die Hoorn het die volgende media verklaring ontvang vanaf Corné Mulder, leier van die VF plus in die Wes-Kaap.
Volgens Mulder is die VF Plus ’n betroubare koalisie vennoot.
“Dieselfde kan ongelukkig nie vir die DA gesê word nie, nadat hul drie koalisie ooreenkomste eensydig verbreek het. Eers in George, toe die Tuinroete-distrik en gister in Oudtshoorn,” lui die verklaring vanaf Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.
Hy sê ook verder dat die VF Plus en ander koalisie vennote was bereid om ’n nuwe DA burgemeester te ondersteun, maar die DA het die voorstel geweier en besluit om eerder Macpherson te beskerm.
“Die VF Plus is bereid om in Oudtshoorn die leiding te neem en met alle partye in gesprek te tree om saam te werk in belang van die dorp en sy inwoners.”
Oor die implikasies wat gister se mosie vir Oudtshoorn inhou sê Mulder dat dit waarskynlik ’n beter burgemeester en beter en meer samewerkende regering met minder konflik kan inhou.
“Die VF Plus sal verseker dat billiker tariewe op inwoners gehef en beter diens gelewer word. Buitensporige tariewe en vermorsing van geld was van die belangrikste redes vir die konflik in die koalisie,”
Zoe Tyatya, hoofsweep van die ANC het op navraag van Die Hoorn die volgende gesê:
(Hier volgs sy oorspronklike antwoord)
“On the 25th July 2024 in a Special Council meeting African National Congress tabled a motion of no confidence to the Mayor of Oudtshoorn Municipality , Clr Chris Macpherson of the DA. The motion was duly supported by the Freedom Front, Patriotic Alliance, OGI, Advieskantoor and the Good Party and the motion was in favour of the ANC. The support by these parties had successfully awarded us the outright majority.”
“This motion came as a result of intensive consultations with the community of Oudtshoorn through our structures. Our intention was to liberate the people of Oudtshoorn from the lack of service delivery from the Democratic Alliance led coalition. We had also stated during the meeting that the majority of councilors had lost confidence in that coalition and we strongly felt that change was and is necessary.”
“We are of the opinion that, the municipality should continue with political head therefore we decided that the Speaker’s motion to stand over. We are also confident that the administration will continue and that service delivery will resume as normal. We will wait for the office of the Speaker to communicate with the Oudtshoorn Council for the next Special Council.”
“We wish to congratulate and appreciate all the parties that voted with us in removing the DA coalition.”
In ’n gesprek met Chris Macpherson na afloop van gister se vergadering het Macperson gesê dat hulle nou regsadvies sal inwin oor die toekoms vorentoe.
Teen die tyd van hierdie plasing is daar nog nie enige antwoorde ontvang vanaf die DA of Oudtshoorn Munisipaliteit op Die Hoorn se navrae nie.