Viëtnamese hoës kyk met blink oë na Klein Karoo se uitvoer-boerbokke!

’n Afvaardiging van die Viëtnamese ambassade in Pretoria het Chandelier buite Oudtshoorn Dinsdag besoek om meer uit te vind oor die uitvoer-boerbokke waarmee Gerrie Ferreira van Livestock Exports daar boer. Hier by van die boerbokke in die kwarantyn-afdeling - waar die bokke voor uitvoer afgesonder word, is Ockie Nel (links) en Gerrie Ferreira, terwyl van links snr kol Trinh Ngoc Dai (verdedigingsattaché), Hoang Van Loi (Viëtnamese ambassadeur), Dao Manh Duc (hoof van die handels-kantoor), Jaco Vorster (voorsitter Oudtshoorn Besigheidskamer) en Laubscher Coetzee (Agri Klein Karoo) toekyk. • Die groep is vergesel deur Le Dinh Luong van die Viëtnam Nuus­diens. Dié besoek het deel uitgemaak van ’n toer deur die Oos- en Wes-Kaap deur die ambassadeperso-neel. • Ferreira wat al 25 jaar in die bedryf is en diere na 38 lande uitvoer, sê die Viëtnamese afvaardiging stel belang in die uitvoer van boerbokke van hier af vir teeldoeleindes. Hulle stel ook belang in ander produkte uit die Klein Karoo, soos volstruisvleis. Foto: Schalk le Roux