Valke trek die drie verdagtes van Oudtshoorn-rooftog vas

Die drie verdagtes op die toneel waar hulle in hegtenis geneem is. Foto verskaf

DRIE mans tussen die ouderdomme van 26 en 41 jaar is vanoggend op die Outeniquapas tussen Oudtshoorn en George deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoekspan in hegtenis geneem nadat kontant vroeër by ’n Fidelity-sekuriteitswag by ’n vulstasie in Bridgton, Oudtshoorn geroof is.

Die misdaadondersoekspan, wat op George gebaseer is, het op die Outeniquapas ’n silwer Nissan Sentra opgemerk wat voldoen het aan die beskrywing van ’n voertuig betrokke by die roof.

Volgens Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, het die Valke die Nissan Sentra voorgekeer en die drie mans in hegtenis geneem. In die voertuig is twee 9 mm-pistole, een die wapen wat by die Fidelity-wag gesteel is, en ’n sak met die gesteelde kontant gevind.

Hani sê die Fidelity-sekuriteitswag is deur twee mans aangeval toe hy met geld teruggekeer het na die sekuriteitsfirma se gepantserde voertuig. Die sekuriteitswag is ontwapen en die verdagtes het van die toneel gevlug.

Die drie mans sal Woensdag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn op klagtes van roof met verswarende omstandighede.

Die waarnemende provinsiale hoof van die Valke in die Wes-Kaap, brig Ruanette Walters, het die span geloof vir hul vinnige inhegtenisneming van die verdagtes. (Deur Liesel le Roux)

3 Comments on "Valke trek die drie verdagtes van Oudtshoorn-rooftog vas"

  1. Well done…..keep going we don’t need skelms in our life,on the streets.Community sick and tired ,pay tax and live fearfully.

  2. gerald phillips | 21/07/2021 at 12:34 |

    welldone!they might also be involved in a heist that occurred in knysna which resulted in the death of a fidelity gaurd??

  3. Linda Blaauw | 20/07/2021 at 06:57 |

    Love it .👍 pray forcall the men in blue doing such dangerous work 🙏

Comments are closed.