Die winterkoue het die afgelope week behoorlik in die Klein Karoo toegeslaan met die Swartberge wat Dinsdag sy eerste wit jas van die winter aangetrek het terwyl talle sneeukykers die Swartbergpas besoek het. Sneeu op die Swartberge lok egter nie net mense nie. Dit beteken ook water vir die streek se riviere en damme - ook vir Oudtshoorn se drinkwaterdam, die Raubenheimerdam. Die hooffoto toon die hoogste punt van die Swartbergpas met drie sneeukykers wat ’n bietjie wyer ondersoek instel. Op die inlas is ’n sneeuman op die berg en links is Mia le Roux wat gehelp het om ’n video van die sneeu vir Die Hoorn se Facebookblad te neem. Foto’s: Schalk le Roux