Skoonheid, ten spyte van die droogte…

Daar is nog baie mooi in die Klein Karoo - ten spyte van die droogte wat nou al ses jaar voortsleep, soos hierdie pragtige volstruisvere van Ockie Olivier, volstruisboer van Welgeluk buite Oudtshoorn, wys. By hom staan sy vrou, Engela. Volgens Ockie, wat alombekend is vir sy volstruisvere en oor die jare verskeie pryse daarvoor gewen het, is volstruise woestyndiere en pla die droogte hulle glad nie. Die dilemma is egter dat boere met die gebrek aan water nie meer hier voer kan produseer nie en voer moet aankoop. Die Covid-19-pandemie beïnvloed ook potensiële markte vir vere wêreldwyd negatief, maar is daar gelukkig steeds kopers vir kwaliteit-vere. Foto: Liesel le Roux