DIE Ladismith Polisie ondersoek tans ’n saak van strafbare manslag nadat ’n 29-jarige man van Ladismith, Denzel Latell, tydens ’n vermoedelike tref-en-trap-voorval sowat 15 km buite die dorp gesterf het.
Daar was geen voertuig op die toneel waar Latell se lyk gevind is nie.
Die botsing het op 23 Januarie 2022 plaasgevind.
Die polisie probeer nog vasstel wie betrokke was in die botsing waarin Latell gesterf het. Geen verdagte is nog in hegtenis geneem nie.
Sers Crawley van die plaaslike speurtak het lede van die publiek gevra om nie te skroom om hom te kontak indien hulle moontlik oor inligting oor die voorval beskik nie.
Volgens sers Chris Spies, woordvoerder van die Suid-Polisie, word ’n nadoodse ondersoek gedoen.
Familie van die oorledene was te hartseer om oor die voorval te praat. (Deur Deon Meyer)