Oudtshoorn skole spog!

Bo: Struisie-matrikulante vir 2024 is opgewonde oor hul goeie uitslae. Foto: Angelique Erasmus Onder: Twee Gimmies wens mekaar geluk met hul matriekuitslae. Foto verskaf

Die Klein Karoo se matrikulante van 2024 het saam met derduisendes oor die hele land heen Dinsdagoggend met groot afwagting hul uitlsae ontvang.

Vir sommiges was dit ’n oomblik van groot opwinding om te sien of hul harde werk vrugte afgewerp het, vir ander was dit naelbyt-oomblikke. Vir baie bepaal die uitkoms die pad wat hulle in hul grootmenslewe instap.

Langenhoven Gimnasium spog vir die tweede jaar aaneenlopend met ’n 100% slaagsyfer. Hulle het 15 A-kandidate en 39 B-kandidate opgelewer. Jodi Potgieter is die beste presteerder met ‘n gemiddeld van 91,42%.

Hoërskool Calitzdorp het ook ’n 100% slaagsyfer behaal.

Hoërskool Oudtshoorn het vanjaar 76 leerders gehad wat matriek geskryf het, waarvan 73 geslaag het wat ’n slaagsyfer van 96,1% meebring. Die skool spog met 4 A-Kandidate en 9 B-Kandidate. Hul Dux leerling vir 2024 is San-Marie Pedersen met ’n gemiddeld van 87,86%.

Die landwye slaagsyfer vir 2024 se matrikulante is 87,3%. Die Eden en Sentrale Karoo Onderwysdistrik het die beste vertoon met ’n slaagsyfer van 89,3%.

Oudtshoorn se skole val onder kring 5 wat die tweede beste in die provinsie gevaar het. Kring 1, wat George behels is eerste.

Die skole in Oudtshoorn se onderskeie slaagsyfers is:

Langenhoven Gimnasium :100%
Hoërskool Oudtshoorn : 96,1%
Hoërskool Protea : 95,7%
Dysselsdorp Sekondêre skool : 94,1%
Bridgton Sekondêre skool : 92,9%
Fezikile Sekondêre skool : 88,3%
Hoërskool De Rust : 87,3%
Hoërskool Môrester : 83,7%
Auriël Kollege : 79,7%

Baie geluk aan al die matrikulante en sterkte met jul volgende avontuur wat in 2025 begin. (ANGELIQUE ERASMUS)

Bo: Langenhoven Gimnasium.

Hoërskool Protea.

Bridgton Sekondêre skool.

Hoërskool Môrester.

Aurial College.

Dysselsdorp Sekondêre skool. Foto’s: verskaf