Nuwe speaker en onderburgemeester

Twee van drie leiers nou van Dysselsdorp Die Groter Oudtshoorn se nuwe speaker en onderburgemeester, Colan Sylvester (links) en Leon Campher (regs), wat verlede Donderdag tydens ’n raadsvergadering verkies is, saam met die burgemeester, Chad Louw. Dit is die eerste keer dat die burgemeester en onderburgemeester van die Groter Oudtshoorn van Dysselsdorp is, met Campher en Louw wat albei inwoners van Dysselsdorp is. Foto: Stefan Skapie Goosen

n Emosionele Mlandeli Nyuka, voormalige raadslid van Suid-Kaap Saamstaan nadat hy verlede Donderdag as onder­burge­meesters­-kandidaat by ’n raadsvergadering genomineer is. Nyuka het die nominasie van die hand gewys. Hy is intussen as raadslid van Saamstaan verwyder en sal na verwagting binnekort vervang word. Foto: Stefan Skapie Goosen

’N NUWE speaker én onderburgemeester vir die Groter Oudtshoorn is Donderdag (5 Mei) by ’n raadsvergadering verkies.

Dit volg nadat die vorige onderburgemeester, Vlancio Donson, deur ’n mosie van wantroue by ’n vorige vergadering verwyder is en die speaker, Sonja Bentley van Good, uit die bloute by die vergadering as speaker bedank het.

Tydens ’n geheime stemming daarna is Colan Sylvester (OGI) met 13 stemme (teenoor 12 stem­me vir Johan Allers van die VF Plus) tot speaker verkies.

Die onderburgemeestersverkiesing het trane die oë van een van die raadslede gebring.

Nadat Leon Campher (Advieskantoor) deur die ANC-koalisie benoem is, het die DA vir Mlandeli Nyuka van Saamstaan – amptelike lid van die ANC-koalisie – as onderburgemeester benoem.

Die omstrede Nyuka het emosioneel hierop ge­reageer en in trane uitgebars, maar die benoemingvan die hand gewys.

Dit was nie by die vergadering duidelik waarom hy so emosioneel was nie.

Donson, vorige onderburgemeester, is daarna in Nyuka se plek benoem, maar Campher het die stemming met 13 teenoor 12 stemme gewen.

Tydens die baie lang raadsvergadering met net so ’n lang agenda, wat die goedkeuring van notules uit vorige vergaderings, vrae van raads­lede, ouditverslae en mosies van wantroue in die ANC-burgemeester Chad Louw en die hoofsweep van die raad, Nomsa Jaxa (ANC) insluit, het Bentley gesukkel om die raadslede en publiek in die openbare galery onder beheer hou.

Raadslid Vlancio Donson (Icosa) het Bentley in ’n stadium versoek om Valerie Pungu-Pungu (lid van die ANC se Wes-Kaapse interprovinsiale komitee) te verwyder omdat sy hom verbaal aangeval het.

Die raadsvergadering wat om 10:00 begin het, het omstreeks 16:00 geeïndig, met geen ander items op die agenda wat bespreek is nie. Sylvester het in sy amp as speaker kortliks die item rakende notules uit vorige vergaderings hanteer met ’n aantal daarvan wat bespreek is. Hy het die vergadering daarna verdaag.

• Saamstaan het intussen Nyuka as raadslid verwyder met die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) wat Woensdag ’n vakature verklaar. het.

Hy sal nou deur Saamstaan met ’n ander raads­lid vervang moet word. (Deur Stefan Skapie Goosen)

Be the first to comment on "Nuwe speaker en onderburgemeester"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*