’N NEGEJARIGE meisie van Dysselsdorp word vermis nadat sy vanoggend in die kanaal geval het wat by die dorp verbyloop. Die water in die kanaal het in daardie stadium sterk geloop.
Volgens kapt Joey Strydom, stasiekommissaris van die Dysselsdorp Polisie, is al die Stompdriftdam se sluise intussen toegemaak toegemaak en het die watervlak in die kanaal reeds vinnig begin sak. “Daar is reeds polisieduikers vanaf Plettenbergbaai op die toneel wat na die meisie sal begin soek sodra die water genoegsaam gesak het,” het sy gesê.

Volgens haar het die kind weggeraak by ’n vernoude tonnel en is dit daarom belangrik dat die water genoegsaam moet sak vir die duikers om na haar te begin soek.