Market Square – 100jr al die sakekern

Bo: Market Square, op die hoek van Voortrekker- en Langenhovenweg is al van die 1847 die hartklop van handel vir Oudtshoorn en die Klein Karoo. Die sentrum het onlangs sy oorspronklike naam teruggekry, toe die Karoovest-groep die perseel gekoop het en nuwe lewe daarin geblaas het. Foto: Angelique Erasmus Onder: Market Square tydens die bouproses in Februarie vanjaar. Foto: Die Hoorn-argief Heelonder: Market Square se gerieflike parkeer-terrein is daagliks propvol kliënte wat besoek by die besighede aflê.

Market Square, op die hoek van Langenhoven- en Voortrekkerweg, spog nie net met nuwe diverse besighede nie, maar ook takke van landswye maatskappye. Die gebou is in November vanjaar volledig opgeknap, wat groot opgewondenheid onder inwoners gebring het wat nou nuwe en bestaande besighede kan besoek.

Die gebou bied jou ’n alles-in-een-stop, met gerieflike, veilige parkering. Besighede wat hier oopgemaak het is: Tiger Wheel & Tyre, Plumblink, Seeff, Elvis Brew, Klein Karoo Familie Dokters, United Paints & Pool, Pet Cuisine, Cairo Cuts asook die Woord in Waarheid Bediening.

Terwyl jy wag vir jou doktersafspraak by Klein Karoo Familie Dokters, kan daar lekker koffie en versnaperinge by Elvis Brew langsaan gekoop word. As jou motor ’n nuwe stel bande benodig, kan jy terselfdertyd jou kinders neem vir ’n haarsny by Cairo Cuts.

Vir huisopknappings is Plumblink net die plek, en kan daar sommer vir nuwe verf of swembad-onderhoudtoerusting by United Paints & Pool ingeloer word. En vir die dierekinders is daar ook ’n Pet Cuisine afdeling. Dalk is dit tyd vir jou eerste huis koop, of tyd om bietjie groter te gaan, dan is Seeff se eiendomsagente reg om jou te ontvang en al Oudtshoorn se winskopies te wys. Dit alles, onder een dak.

Market Square bestaan uit twee vlakke, met die ondergrondse area wat Dryland as stoorplek benut.
Die ligging het ’n lang en ryk geskiedenis as Oudtshoorn se oorpronklike sentrale besigheids-punt. In 1847 was hierdie kruising die middelpunt van die dorp, en bekend as Markstraat.

In 1938, tydens die 100-jaar herdenking van die Groot Trek, is die straat na Voortrekkerweg herdoop. Langenhovenweg en Baron van Reedestraat was ook eers bekend as George- en Queenstraat. Oorkant Market Square, waar die munisipaliteit vandag staan, was ’n groot park met pragtige tuine, trappe en fonteine.

Die perseel was sowat 100 jaar gelede die tuiste van Suid-Afrika se heel eerste Amalgamated Ford- agentskap.

Die gebou is geleë op die besigste hoek van Oudtshoorn, en sy vervalle voorkoms het vir jare as ’n seeroog vir die dorp gedien. Die potensiaal van die ligging was egter duidelik, nie net as ’n waardevolle belegging nie, maar ook as ’n geleentheid om die eerste indruk van Oudtshoorn ingrypend te verbeter.

In plaas van ’n bouval op die dorp se mees prominente hoek, staan daar nou ’n moderne, uitnodigende gebou waarop Oudtshoorn trots kan wees.

Market Square is ’n moderne, gerieflike ruimte waar die publiek toegang het tot verskeie dienste.

Tiger Wheel & Tyre se bekwame span.

Die bekwame dames van Seeff het die nuwe ontvangsarea ingewy kort nadat hulle vroeg September ingetrek het. Die groep het ’n fantastiese span met baie kennis oor die eiendomsmark. Net wat jy nodig het om jou droomhuis te koop.

Elvis Brew maak elke koppie koffie met liefde, en het ’n wye reeks drinkopsies en vinnige etes. Net langsaan by Klein Karoo Familie Dokters is die vriendelikste personeel en dokters om jou vinnig weer op die been te kry.

Plumblink het al jou badkamer- en kombuisbenodighede.

United Paints & Pool het ’n kleur vir elke voorkeur. Hulle help ook om jou swembad potblou te hou hierdie somer. Besoek ook gerus Pet Cuisine.

Cairo Cuts maak mans en dames mooi met modieuse kapsels en vinnige diens. Stap in en bederf jouself.

Die nuwe Woord in Waarheid Familie-Aanbiddingsentrum het Oktober amptelik die kerk se deure oopgemaak. Die ingang na die nuwe bediening is in Cowleylaan.