Lyk agter slaghuis gevind

Die lyk van ’n man is vroeër vanmiddag agter ’n slaghuis in Dassieweg, Oudtshoorn gevind nadat die Oudtshoorn Polisie omstreeks 12:45 hieroor ingelig is.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, kan bewerings dat die man deur honde aangeval is, nie bevestig word nie en word die saak tans ondersoek.

“Die polisie het ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek geopen. Die man se identiteit is nie tans bekend nie.” (Deur Liesel le Roux)