Kers vir Covid, ’n inisiatief wat diegene wat aan Covid-19 gesterf het, diegene wat geliefdes verloor het en gesondheidswerkers wou eer, het verlede Donderdag (12 Augustus) op Oudts-hoorn plaasgevind. Hier is personeel van die Mediclinic Klein Karoo tydens hul stiltetyd wat om 18:00 regoor Oudtshoorn begin het. Die inisiatief is op die been gebring deur onder meer die Oudtshoorn Besigheidskamer en Ingrid Noble, ’n inwoner wat verlede jaar ook die Jerusalema-dansuitdaging op Oudtshoorn georganiseer het. Foto: Stefan Skapie Goosen