Die KKNK is terug!

Nadat die KKNK in 2020 en 2021 weens die Covid-19-pandemie nie aangebied kon word nie, het die fees Dinsdag weer op Oudtshoorn afgeskop - weliswaar in ’n aangepaste en kleiner formaat - maar met wonderlike produksies wat te sien is. Twee hiervan het sterk Oudtshoorn-bande - Die halwe huis, geskryf deur Ricardo Arendse, wat op Oudtshoorn grootgeword het, en met Marlo Minnaar, wat ook op Oudtshoorn grootgeword het op die verhoog (foto bo), asook die KKNK-produksie Op hierie dag (foto’s regs) met inwoners van hier in die rolverdeling. Foto's Hans van der Veen