David Piedt in hospitaal met Covid-19

David Piedt

Een van Oudtshoorn se mees geliefde inwoners en leiers, en voormalige direksievoorsitter van die KKNK, dr David Piedt (80), word tans in die waakeenheid van die Mediclinic George vir Covid-19 behandel.

Volgens David se vrou, Marjorie, het hy goed geslaap en sal hy van vandag af hoëvloeisuurstof en fisioterapie ontvang. Dit tel ook in sy guns dat hy aan geen onderliggende siektes (komorbiditeite) ly nie. 

Marjorie en haar suster, Helen Oliphant, het ook intussen positief vir die virus getoets. Helen wat baie moeg voel, is vanoggend per ambulans na die hospitaal geneem. 

Volgens Marjorie voel sy self nog heel goed en dokter sy haarself met vitamiene. (Deur Liesel le Roux)

 

4 Comments on "David Piedt in hospitaal met Covid-19"

  1. Sterkte dr. Piedt,juff Majorie,en breë familie. God is magtig om di virus te stop. Focus op sy liefde vi u. Baie liefde en n stywe drukkie vanaf Suid Korea.🙏

  2. Ralph Stuurman | July 20, 2020 at 8:03 pm |

    Let us keep David and his family in our prayers for a speedy recovery.

  3. Ons bede gaan uit na hom en sy gesin.Sterkte.

  4. Sherrilyn Lloyd | July 20, 2020 at 2:36 pm |

    Sterkte en vinnige herstel, Mnr en Mev. Piedt; asook Juff. Helen. Ons bid vir spoedige herstel asook vir die Bloed van Jesus oor jul almal. God bless you. ❤

Comments are closed.